Groot Drakenstein se jeug gaan kamp
2005-06-15
DIE SAPD Groot Drakenstein neem die naweek vyftig kinders tussen die ouderdom van 12 en 17 jaar op ’n kamp by La Brie, Franschhoek.
Insp Ferdinand Parks, die organiseerder, sê daar is ’n groot gebrek aan ontspanningsgeriewe vir die jeug, veral in die Simondium-area. Dit lei na allerlei sosiale probleme, en hulle wil hiervan aanspreek op die kamp.
Hulle sal hiermee bygestaan word deur ’n sielkundige, ’n maatskaplike werker en ook ’n jeugdige, gerehabiliteerde dwelmverslaafde.
Parks het sy dank uitgespreek teenoor die Departement van Gemeenskapsveiligheid, die Bellingham Trust & Liefdadigheid, Delta Valley Farms, die GPF Projekbestuur en ander produsente wat die kamp moontlik gemaak het.
More
News
|