Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beurse toegeken deur Paarl Media

Beurse toegeken deur Paarl Media
 
2007-12-13


PAARL MEDIA het vanjaar die Paarl Media Beursfonds Trust geloods om begaafde jong mense van die Paarl/ Wellingtonvallei te ondersteun wat nie noodwendig oor die finansiële vermoë beskik om self hul tersiêre studies te finansier nie.

Die Trust (gevorm namens die maatskappye Paarl Print, Paarl Web, Paarl Labels, Paarl Web Gauteng en Paarl Gravure) beloop R10 miljoen en het so pas die eerste sewe beurse vir 2008 toegeken.

Die visie is om op te bou tot 2010 wanneer 20 beurshouers per jaar befonds sal word.

Die beurswenners is Roger Cloete van Charleston Hill Sekondêr, wat B.Sc. gaan studeer, Nuraan Lotter (tweedejaar mediese student by Maties), Ian Samuels van New Orleans Sekonder (B.Com. Wiskundige Wetenskappe), Linda-Marie van Schalkwyk van Hugenote Hoërskool (B.Sc. Fisioterapie), Anthony de Villiers van Klein Nederburg Sekondêr (Nasionale Diploma in Kledingontwerp by CPUT), Jean-Jacques Kriel van HJS (Ingenieurswese by US) en Michael Dammert van Labori Hoërskool (B.Comm. Aktuariële Wetenskap).

Die kandidate sal jaar na jaar befonds word terwyl hulle steeds voortgaan om suksesvol studeer.

Beursaansoeke word aanvaar van plaaslike skole en maatskappypersoneel vir verdienstelike kandidate. Daar is geen verpligtinge op studente om na die tyd by enige van die betrokke maatskappye te werk nie.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za