Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Versoeningsdiens

Versoeningsdiens
 
2007-12-13


’n TRADISIONELE Versoeningsdagdiens word Sondag 10:00 in die Nederduitsch Hervormde Kerk in Zionstraat, Paarl, gehou, met dr Piet van Staden as prediker.

Die Paarlse Afrikaanse Skakelforum nooi alle belangstellendes uit na die gedenkdiens wat die Gelofte herdenk, en ook ’n dankdiens is vir versoening.

Volgens dr Carel Stander van die Paarlse Afrikaanse Skakelforum kan mense hulself steeds vereenselwig met die herdenking van die Gelofte met die klem op versoening.

Die Gelofte wat gemaak is kom daarop neer dat hierdie dag as ’n verjaarsdag en dankdag, soos ’n Sondag deurgebring sal word.

Die prediker is dr Piet van Staden, een van die plaaslike gemeenteleraars.

Die tema van sy preek sal handel oor die Joodse Pasga en die Gelofte van 1838 – die blywende binding van godsdienstige rituele.

Dit beloof om ’n verrykende ervaring te wees en persone wat positief voel oor versoening sowel as hul besoekende gaste is baie welkom om dit by te woon.

Skakel Carel Stander by 021­863-3366




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za