Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sterf ná aanval op vrou

Man sterf ná aanval op vrou
 
2007-12-13


’n VROU is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat haar man tydens ’n stryery gesterf het.

Hildon Booysen (35) van Amstelhof, Paarl-Oos, het Saterdagaand na bewering onder die invloed van drank by die huis aangekom.

Hy het vermoedelik sy vrou Sheila eers seksueel probeer aanrand, en toe met ’n das gewurg. Sy het daarin geslaag om vir hom te oorrompel.

Ná ’n stoeiery het Hildon bewusteloos geraak. Die ambulans is ontbied, maar met hul aankoms was Hildon reeds dood.

In ’n ander voorval is ’n 61-jarige vrou Saterdagaand in Disastraat, Klein Nederburg in Paarl-Oos, verkrag.

Hennie Hendriks (26) is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Beide hierdie aanvalle het gekom op die vooraand van die einde van die bewustheidsveldtog, 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders.

’n Maatskaplike werker het gesê dat geweld teenoor vrouens veral hierdie tyd van die jaar aan die styg is.

“Vrouens, en ook kinders, is dikwels die slagoffers van manlike familielede wat onder die invloed van drank of dwelms is.

“Alhoewel die 16 dae van aktivisme veldtog ’n beroep op die gemeenskap doen om dié plaag te help bestry, blyk dit nie suksesvol te wees nie.”

* A woman has been arrested after the death of her husband.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za