Jeugdag 2005 in Drakenstein
2005-06-15
DIE Gesondheidsbevorderaars van Drakenstein beplan ’n vrolike Jeugdagviering vir môre (16 Junie), in samewerking met verskillende rolspelers soos Love Life, Radio KC, Drakenstein Munisipaliteit en die Onderwysdepartement.
Die tema vir die dag is “A Force for Behaviour Change”.
Die doel is om inligting oor seksualiteit oor te dra, met die klem op seksuele gedrag in die gemeenskap en binne verhoudings.
Die tiener leer ook om verantwoordelike besluite te neem rondom seks.
Die organiseerders beoog om graad 8 tot 10 leerders van alle skole in die Paarl en Wellington omgewing te betrek.
Die program begin die oggend om 08:15 met leerders wat by Orleanspark byeen kom vir ’n optog tot by Daljosafat-stadion. Die verskillende programme begin om 11:00.
Leerders kan registreer vir Smart Moves, debatvoering, fiksheid en motivering.
Navrae kan gerig word aan Leonie Smith, 872-1711 x2458/2361 of 082-931-8470.
More
News
|