Węreld nou mooier
2007-12-13
DIE Paarl Medi-Clinic, Panorama Medi-Clinic, Milnerton Medi-Clinic en Vergelegen MediClinic hospitale het deelgeneem aan ’n projek op Saterdag, Sondag en Woensdag waartydens 58 pasiënte standaardkatarakverwyderingsprosedures aan een oog ondergaan het.
Die afgelope naweek het die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid (WKDG) en die private hospitaalgroep Medi-Clinic Suidelike Afrika bande gesmee in ’n gesamentlike poging om verligting te bring aan die stygende aantal mense in die WesKaap wat blind of gedeeltelik blind is. Die gesamentlike Katarakverwyderingsprojek het ten doel gehad om 58 behoeftige pasiënte se sig te herstel deur katarakte van hul oë te verwyder by vier Medi-Clinic hospitale in die provinsie. Al die deelnemende oogkundiges en narkotiseurs in privaatpraktyk, asook die teaterpersoneel werksaam by die betrokke hospitale, het die prosedures heeltemal gratis uitgevoer. Mediese toerusting vir die prosedures is gratis deur ’n aantal verskaffers aangebied. ”Hierdie gesamentlike projek met Medi-Clinic stel ons in staat om verby ons finansiële beperkinge te beweeg, en ons hulpbronne saam te gooi om sodoende die sig van soveel mense te herstel,” sę die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Pierre Uys. Tans word sowat 66% van blindheid onder Suid-Afrikaners deur katarakte veroorsaak. Tesame met gloukoom, wat vir 14% van die gevalle verantwoordelik is, dra hierdie twee toestande by tot 80% van blindheid onder Suid-Afrikaners.
More
News
|