Newtons lyk nou beter
2005-06-15
WAS Saterdag se wegsege ’n gelukkie of was dit die draaipunt van ’n andersins treurige seisoen?
Dit is die vraag wat Newtons se ondersteuners hulself afgevra het, nadat hulle Saterdag die hoogaangeskrewe Grabouw 22-21 geklop het.
Grabouw was rustyd 13-7 voor en het die grootste gedeelte van die wedstryd die voortou behou.
Newtons het egter nie tou opgegooi nie en met hul giftige lostrio aan die spits tot die einde geveg vir die oorwinning.
Jonathan Schalkwyk (senter) het die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk.
Benewens Schalkwyk se twee drieë het Chester Cupido ook in die doelgebied gaan kuier, terwyl Roderick Klaasen met twee doelskoppe en ’n strafskop geslaag het.
Newtons en die Boland Rugby Akademie bied Saterdag van 10:00 tot 14:00 ’n rugbykliniek aan vir laerskoolspelers. Skakel 083-344-5247 vir verdere navrae.
More
News
|