LEWENS kan gered word en ernstige aanranding gekeer word, indien die polisie en nooddienste nie hoef te soek na adresse sonder nommers nie.
Die polisie doen ’n beroep op huisbewoners om te sorg dat daar straatnommers duidelik op hul wonings of voorhekke aangebring word.
Nes ambulanse en die brandweer jaag die polisie telkens na ’n adres wat in ’n noodoproep aan hulle oorgedra word, waar ’n lewe in gevaar is, net om te verdwaal omdat daar geen nommer aangebring is nie.