Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sunflower-dames wen jaarlikse Boule-toernooi

Sunflower-dames wen jaarlikse Boule-toernooi
 
2007-12-20

David Joshua

DIE Sunflower-span van Lettie Simpson, Harriet Kleinhans en Lizzie Jooste het hierdie jaar koning (of is dit nou koninginne) gekraai, toe hulle veertien ander spanne die loef afgesteek het om die derde Boule-kampioenskapstoernooi van Bergriviervallei Forum vir Afgetredenes te wen.

Hulle het weggestap met die Louis Jacobs-wisseltrofee van die toernooi, wat Dinsdag gespeel was op die Boule-baan by die Ambagsvalleistraat Sport­­­­kompleks in Huguenot.

Die verdedigende kampioene, Cecil de Jager, Frances Cupido en Gina Manuel, is na die rondomtalie wedstryde uitgeskakel.

In die kwarteindronde het Sunflowers vir Daisies met 13 punte teen 12 geklop, Magnolias klop Dahlias met 13-3, Malvas klop Violets met 13-4 en Cosmos klop Lobelias 13-11.

In die semifinale klop Sunflowers vir Cosmos met 13-10 en Malvas klop Magnolias 13-5. In die finaal verslaan Sunflower die Malvas-span van Errol Jacobs, Helene Jacobs en Hope Groenewald met 13-10.

Die dag is afgesluit met die prysuitdeling en ’n vleisbraai.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za