Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fortuin is goud werd op krieketveld

Fortuin is goud werd op krieketveld
 
2007-12-20

Jacques Rossouw

DIE jong krieketspeler Björn Fortuin van die Primêre Seunskool Paarl is onlangs tydens dié skool se jaarlikse prysuitdeling aangewys as die beste krieketspeler.

Hierdie veelsydige speler is ‘n goeie kolwer en gevaarlike bouler en wat hom so gevaarlik maak, is die feit dat hy dubbelhandig is.

Hy was hierdie jaar nie net die kaptein van sy skool se o.13 krieketspan nie, maar is ook opgeneem in die Boland-span waar hy as onder-kaptein gekies is.

Na afloop van die Standard Bank-reeks het Fortuin ‘n trofee ontvang as beste bouler van die toernooi.

Hy het tydens ‘n wedstryd teen SWD sewe paaltjies vir slegs 14 lopies ingepalm terwyl hy teen Kwa-Zulu Natal vier paaltjies laat kantel het vir 23 lopies.

Fortuin het pas sy laerskoolloopbaan klaargemaak en sal volgende jaar by die Hoër Jongenskool aansluit.

“My gunsteling speler is Jacques Kallis. Hy is baie goed met boul- en kolfwerk,” het Fortuin gesê.

“Ek hou van krieket omdat daar baie dissipline is en omdat dit ‘n ‘gentleman’s game’ is.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za