Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Top ryers voorbereid vir hoë-spoed aksie

Top ryers voorbereid vir hoë-spoed aksie
 
2007-12-20


DIE plaaslike fietsryklubs Rhadsport en Yorkshire bied 29 Desember die Neotel baanfietsrybyeenkoms by die Faurestraatstadion aan.

Ryers en klubs van regoor die Wes-Kaap sal aan hierdie geleentheid deelneem met van Suid-Afrika se voorste fietsryers wat ook in aksie sal wees.

Verskeie items sal aangebied word met R20 000 prysgeld op die spel.

Die verdedigende Boxing Day Sports kampioen, Garth Thomas, en die nasionale o.23 padkampioen, Nolan Hoffman, het reeds hul deelname aan hierdie byeenkoms bevestig.

Yorkshire Fietsryklub is in 1919 gestig en het sedertdien ‘n rits provinsiale en nasionale kampioene opgelewer.

Die jonger Rhadsport Fietsryklub het vanjaar hul tiende bestaansjaar gevier met fietsryers soos Thomas en Hoffman wat hier begin het.

Hierdie twee klubs is vroeër vanjaar gekies om deel uit te maak van die Neotel-span wat dien as ‘n meganisme om die beste jong talent te bevorder.

Vir meer inligting, skakel Ian Goetham by 083-949-4501.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za