Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


‘Boxing Day’ propvol aksie

‘Boxing Day’ propvol aksie
 
2007-12-20


DIE Paarl Amateur Fietsryklub bied volgende Woensdag die 110de Paarl Boxing Day Sports aan by Faurestraat-stadion.

Hierdie byeenkoms is vir die eerste keer in 1897 aangebied en is onlangs deur die Union Cycliste Internationale (UCI) erken as die oudste aaneenlopende baanfietsbyeenkoms ter wêreld.

Soos in die verlede sal daar hierdie jaar weer ‘n verskeidenheid van items op die spyskaart wees, insluitend die 1 en 25 myl uitnodigingswedrenne wat as die hoogtepunte bestempel word.

Vanjaar is bietjie meer as R15 000 prysgeld op die spel.

Deelnemers sal moet uithaal en wys veral omdat die SA baanfietsry-keurders ook teenwoordig sal wees.

Verlede jaar se wenner in die 25 myl item, die Paarliet Garth Thomas, word weer as die gunsteling bestempel, maar behoort sterk teenstand van ryers soos Nolan Hoffman en Marius Bester (ook van Paarl) te kry.

* Die hekke open om 12:00 en die byeenkoms begin om 14:00.

Toegang sal R20 vir volwassenes en R10 vir kinders wees. Vir meer inligting, skakel Hein Kroff by 082-456-0145 of André Abrahams by 082-776-2939.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za