Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere vat Valsbaai vas

Tiere vat Valsbaai vas
 
2005-06-15


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Daljosafat vir Valsbaai verras deur die besoekers met 26-24 (18-14) te klop.

Valsbaai het met ’n reuse reputasie na Daljosafat gekom en moes net die wedstryd wen om die eerste ronde trofee in te palm.

Hulle drome en reputasie lê egter nou, soos baie ander voor hulle, onder Daljosafat se hakiesdraad begrawe.

Peoples het sommer van die begin af gewys dat hy definitief nie vir dié span gaan terugstaan nie, en met opwindende en soms hoërisiko-rugby die besoekers laat bontstaan.

Sommer in die vierde minuut is kaptein en skrumskakel Barry Williams in die hoek oor om Peoples 5-0 te laat voorloop.

Valsbaai slaan in die agste minuut terug met ’n verdoelde drie en neem die voorsprong 7-5.

’n Konstruktiewe stukkie dryfspel deur die Tiere se voorspelers sorg vir ’n welverdiende drie deur die slot Diff Fredericks om Peoples weer 10-7 te laat voorloop.

Ná drie mislukte pogings slaag heelagter Thysie Pietersen, met ’n strafskop om die telling 13-7 te maak.

Pietersen sny in die 38ste minuut skitterend in die agterlyn en duik oor om die Tiere gemaklik 18-7 voor te plaas.

Die tuisspan het egter ietwat laat slap lê en in dié tyd teken Valsbaai nog ’n verdoelde drie aan om die rustydtelling 18-14 te maak.

Peoples se ou siekte om die tweede helfte slaap-slaap te begin, laat Valsbaai in die tweede minuut nog ’n verdoelde drie aanteken en die besoekers is op 21-18 skielik goed geplaas om die wedstryd te wen.

Slordige spel deur beide spanne sorg vir 20 minute se gaap-rugby voordat Peoples weer wakker skrik en flank Francois Manuel uit gebroke spel gaan druk.

Met die tuisspan 23-21 voor, ruik die skare ’n oorwinning, maar ’n strafdoel in die 41ste minuut laat Valsbaai die voortou neem met 24-23.

Peoples val van die daaropvolgende inskop verwoed aan en druk in die hoek, maar die lynregter beslis anders en van die aanvallende skrum gaan Valsbaai onkant.

Min toeskouers kon kyk hoe Pietersen aanlê pale toe. Die skop is egter oor en Peoples wen welverdiend 26-24.

Die tweede en derde spanne het 17-15 en 23-12 verloor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za