Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir welkome hulp aan gestrandes by tonnel 

Dankie vir welkome hulp aan gestrandes by tonnel 
 
2007-12-20


’n GROEP van 24 persone met gestremdhede van Oudtshoorn het Maandag 3 Desember die Nasionale Dag vir persone met gestremdhede funksie bygewoon te Nuweland, Kaapstad.

Die aand om 20:00 het hulle bus gaan staan in die Hugenote Tonnel.

Een van die lede het siek geword en is per ambulans na Paarl Hospitaal geneem vir behandeling.

Die personeel van die Hugenote Tonnel het die ander lede van die groep na die beheerkantoor geneem en daar versorg.

Die Wes-Kaap Vereniging vir Persone met Gestremdhede (WCAPD) is gekontak en hulle het vervoer gereël vir die groep na Worcester waar die voorsitter en personeel van Breedevallei Vereniging vir Persone met Gestremdhede om 23:00 gereël het vir etes en akkommodasie.

WCAPD het dieselfde aand gereël dat die persoon na Worcester geneem word van Paarl Hospitaal om by die groep aan te sluit.

‘n Bus is gereël om hulle die volgende oggend na ontbyt terug Oudtshoorn toe te vervoer.

Ons wil graag die dokter en

personeel van Paarl Hospitaal, Paarl Ambulansdienste, personeel van Hugenote Tonnel, Breedevallei APD en die Direkteur van WCAPD bedank vir hul hulp en ondersteuning aan die persone met gestremdhede.

Julle onbaatsugtige opoffering het nie ongesiens gegaan nie.

Neva Smith (Bestuurder: Maatskaplike Dienste), Wes-Kaap APD




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za