Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pizzas maak sypaadjies tog so warm

Pizzas maak sypaadjies tog so warm
 
2007-12-20


SEDERT St Elmo’s pizzeria ongeveer twee jaar gelede op die hoek van Dwars in den Weg en Hoofweg, Paarl geopen het, is hul personeelvoertuie en -motorfietse ‘n ernstige bedreiging vir niksvermoedende voetgangers.

Hulle parkeer op die sypaadjie en jaag blindelings teen ‘n hoë spoed 50m ver al met Pastorie­laan se nou sypaadjie waterpas by drie hoofingange verby na die straat.

Dis verby ‘n woonstelblok, ‘n ondergrondse parkeergarage en ‘n stegie wat van Hoofstraat af deurkom na Pastorielaan.

Aanvanklik het hulle op klagtes van omliggende inwoners reageer deur te sê dat hulle wag op parkeerplekke wat deur die munisipaliteit aan hulle beloof is.

Nadat die parkeerplekke aan hulle verskaf is, is daar steeds voortgegaan met die gevaarlike praktyk en is verdere klagtes net afgemaak.

Vrydagaand 1 Desember is ‘n tweejarge dogtertjie rakelings gemis deur ‘n motorfiets.

Daar is voorgestel dat versperrings van St Elmo’s af op Pastorielaan se sypaadjies opgerig word.

Pro-aktief

St Elmo’s antwoord: Ons wil graag om verskoning vra oor die bogenoemde probleem.

Dit is die eerste keer dat ons hoor van die tweejarige dogtertjie en die voorval op 1 Desember. Vir die ouers en die kindjie wil ons ook net om verskoning vra.

Ons het lanklaas ’n klagte gekry en daar is met ons drywers en bestuur gepraat dat hulle nie so moet jaag op die sypaadjie en in Pastorielaan nie.

Ons het ongeveer twee jaar terug aansoek gedoen vir die parkeerarea agter die gebou. Na ‘n lang stryd het ons uiteindelik die toestemming gekry en ons moes self betaal vir die parkering. Dit was ongeveer R75 000.

Al die besighede in die gebou het begin gebruik maak van die parkering en doen dit vandag nog sonder enige vergoeding teenoor ons.

Dit veroorsaak dat daar geen plek is vir diegene wat oorspronklik betaal het vir die parkeerarea nie, St Elmo’s.

Ons weet dat dit dalk nie ‘n verskoning is om op die sypaadjie te ry nie, maar dit voel ons het partykeer net nie ‘n ander keuse nie.

Dit sal nie nodig wees om versperrings op te rig nie, want ons sal dit uitsorteer met die drywers dat niemand weer op die sypaadjie mag ry nie.

Ons wil net vra vir vergunning dat die motorfietse steeds op die sypaadjie mag parkeer omdat ‘n motorfiets makliker gesteel word op ‘n verder afstand.

Maar die motorfietse sal beveel word om op die hoek van Pastorielaan en Hoofstraat uit te ry en nie weer agter op die sypaadjie nie.


More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za