Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man gewond tydens klopjag

Man gewond tydens klopjag
 
2007-12-20


’n MAN is ernstig gewond tydens ’n klopjag Saterdagaand op die berugte onwettige sjebeen, Club Black, by Meerlust Bosbou in Groot Drakenstein.

Toe lede van die Groot Drakenstein polisie op die sjebeen toegeslaan het, het chaos uitgebars.

’n Oproerige skare van sowat 200 mense het begin gewelddadig optree teenoor die polisie en vir hulle met stukkende bottels probeer aanval.

Die polisie moes hulself noodgedwonge beskerm deur rubberkoeëls op die skare te skiet.

’n Lid van die publiek, Burton Gertse van Lanquedoc, het die polisie probeer help, en is twee keer geskiet deur ’n onbekende persoon.

Twee mans en ‘n seun is in hegtenis geneem vir publieke oproerigheid, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem vir die skietery nie.

Enigiemand met inligting in verband met die voorval kan vir insp Charlie Pietersen skakel by 021-874-8227.

‘n Woordvoerder van die polisie het gesê dat onwettige sjebeens ’n geweldige probleem in die Groot Drakenstein gebied is en dikwels lei die onwettige drinkplekke tot geweld en seksuele aanranding.

“Ons wil ’n beroep op die publiek doen om nie hierdie sjebeens te ondersteun nie en vir ons te help om die gebied veilig te hou vir die feesseisoen.”

* Police were forced to protect themselves by firing rubber bullets into an angry crowd during a raid on a shebeen in Groot Drakenstein.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za