DIE Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op 1 Februarie ’n informele halfdag-seminaar aan wat sal handel oor “Kommunikasie, kultuur en die beeld van my instansie”.
Binne die korporatiewe konteks word dikwels die fout gemaak om nie genoeg aandag te skenk aan die beeld wat deur kommunikasie projekteer word nie.
Hierdie kwessie het onder andere te make met die feit dat lesers, asook die kultuurgroepe waartoe hulle behoort, nie voldoende in ag geneem word nie. Daarom moet aan die volgende vrae aandag geskenk word wanneer daar gekommunikeer word:
• Watter beeld van die instansie wil jy vestig?
• Hoe speel ons in op die kultuur, houdings en die waardes van die lesers?
• Veroorsaak die interne kommunikasie tussen kollegas van verskillende kultuurgroepe soms misverstande?
• Waarna moet ons oplet wanneer dit gaan oor beeldvorming en kultuur?
• Waarom word daar dikwels op ’n bevelende of ’n amptenaaragtige manier gekommunikeer?
Hierdie informele halfdag-seminaar is inleidend van aard en sal veral fokus op die probleme met beeldvorming in geskrewe kommunikasie.
Daar sal daarom veral gefokus word op die kultuurprofiel van die leser en die skryftegnieke wat tot beter beeldvorming kan lei.
Die koste is R450, en slegs 20 deelnemers kan geakkommodeer word. Die seminaar sal vanaf 13:30 tot 16:30 by die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum, Crozierstraat 24, aangebied word.
Die seminaar sal in Engels aangebied word, en die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Januarie.
Inskrywingsvorms kan gestuur word na Maretha Joyce na faks 021-808-3676 of na e-pos: mjoyce@sun.ac.za.
Inskrywingsvorm is beskikbaar by www.sun.ac.za