Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lag hulle vir jou lang liggaam?

Lag hulle vir jou lang liggaam?
 
2008-01-10


AS mense lag vir jou liggaam, dan het jy miskien Marfansindroom.

Maar jy kan vir hulle lag as hulle ’n stoel nodig het om by daardie rak te kom!

Marfansindroom is ’n geërfde afwyking van bindweefsel wat die hart/aorta, oë, bene, ruggraat, gewrigte, longe en vel affekteer.

Tekens wat dikwels gevind word, is ’n lang en maer liggaamsgebou, gebuigde ruggraat, hoender- of hol-bors, smal hooggeboogde verhemelte, los litte, bysiendheid, uitputting, hartkloppings, platval van longe en rekmerke.

Monitering en behandeling van die simptome lei tot langer en meer genotvolle lewens.

SAMSO (SA Marfansindroom Ondersteuningsgroep) verskaf inligting oor die afwyking aan die publiek en dokters.

Die SAMSO lede leer alles oor die jongste navorsing, die aanbevele behandeling en lewenswyse keuse, en kan berading ontvang.

As hulle geleer het hoe om Marfansindroom baas te raak, kan hulle die goeie dinge in die lewe geniet.

Alhoewel daar nadele en probleme vir mense met Marfansindroom is, is daar ook voordele en daar is meer goeie dinge in ons lewens as slegte dinge.

Kontak SAMSO by 012-333-3894 vir inligting.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za