Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl

Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
 
2011-07-28


Bouwerk aan ‘n splinternuwe daghospitaal wat deur die Cure Day Clinics hospitaalgroep bestuur sal word, het so pas in Skoolstraat in Noorder-Paarl afgeskop.

Oorkant die plek waar die geskiedkundige St Stephen’s skooltjie gestaan het, sal die St Stephen’s Daghospitaal opgerig word.

Volgens die ontwikkelaars, Fanie Theron en die Annenberg Eiendomsgroep, is daar ‘n baie groot behoefte vir addisionele professionele mediese dienste en dagprosedures in die Paarl. Hierdie daghospitaal sal nog mediese spesialiste na die Paarl bring.

Cure Day Clinics spesialiseer in chirurgiese prosedures, ook dagprosedures deur besoekende dokters, soos tand-, oor- neus- en keelchirurgie, ginekologiese en urologiese prosedures asook plastiese, ortopediese en algemene chirurgie.

St Stephen’s Daghospitaal sal oor vier teaters en 40 beddens, insluitend ‘n kindersaal, beskik.

Hedendaagse hoë mediese kostes maak St Stephen’s Daghospitaal ‘n baie bekostigbare alternatief, aangesien daghospitale spesifiek vir chirurgiese prosedures wat nie oornagverblyf vereis nie, voorsiening maak.

Daghospitale is ook minder ontwrigtend vir pasiënte, veral vir kinders en bejaardes wat angstig word wanneer hul in ‘n hospitaal moet oornag.

Afgesien van die daghospitaal is daar ‘n beperkte getal dokter-suites vir huur binne die hospital beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Stephen Swanepoel op 082 338 0495.

Aandele in die hospitaal self is ook beskikbaar aan dokters in die Paarl, afgesien daarvan of hulle huurders daar gaan wees al dan nie.

Volgens die Cure Day Clinics hospitaalgroep sal nie net die Paarlse gemeenskap baat vind by die daghospitaal nie, maar roep dit ook die geskiedkundige St Stephen’s-kerk en skooltjie in herinnering.

Nadat die nuwe Anglikaanse kerk in die Hoofstraat in 1877 ingewy is, is die St Stephen’s-kerkgebou in Skoolstraat uitsluitlik as ‘n vierklaskamer-skool gebruik.

John Martin, die gestorwe gemeenskapsleier wat in Noorder-Paarl gebore is, was later skoolhoof by St Stephen’s.

In die laat 1970’s het Martin se pleidooie om die skooltjie te bewaar ter nagedagtenis aan die gemeenskap wat hier gewoon het, op dowe ore geval, en is dit deur die destydse regering gesloop.

Fanie Theron, wat bevriend was met Martin, se wens is dat die benaming St Stephen’s Daghospitaal die geskiedenis en gemeenskap van hierdie deel van die Paarl erken.

Cure Day gaan hierdie daghospitaalmodel landwyd uitbrei en ‘n groter soortgelyke ontwikkeling gaan binnekort deur die Annenberg Eiendomsgroep op Stellenbosch, op die hoek van Dorp- and Adam Tasstraat, gebou word.

Bestaande Cure Day Clinics is reeds in Pretoria en Centurion, met Erasmuskloof en Polokwane wat binnekort volg.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  • Building on auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za