Gelykopuitslag in PJ/NP derby
2011-08-25
DIE o.19A-rugbyspanne van Noorder-Paarl Hoërskool en Paulus Joubert Sekondêr het Saterdag op die Faurestraat-stadion verwoed probeer om die septer te swaai, maar op die ou einde moes hulle maar tevrede wees met ’n gelykopuitslag van 3 elk. Op die netbalbane het Paulus Joubert in twee van die wedstryde koning gekraai deur die o.19A (18-9), o.16A (14-8) wedstryde te wen. Die o.14A-wedstryd het met 7-7 gelykop geëindig. Ander uitslae: Sokker: o.15A (PJ 0 NP 1) o.17A (PJ 0 NP 0) o.19A ((PJ 1 NP 0) dogters (PJ 0 NP 0). Hokkie: dogters o.19A (PJ 1 NP 0), tafeltennis (PJ 1 NP 5). Skaak: gelykop 4-elk. Basketbal (PJ 32 NP 49). Rugby; o.14A (PJ 12 NP 27), o.15A (PJ 15 NP 0), o.16A (PJ 22 NP 17), o.19B (PJ 10 NP 8) Dogters (PJ 45 NP 0).
More
News
|