Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seges vir Nederburg

Seges vir Nederburg
 
2011-09-15


OP dieselfde dag dat Nederburg verneem het dat sy 2009 Private Bin Eminence as die allerbeste wyn by die 2011 Five Nations Wine Challenge in Sydney aangewys is, is aangekondig dat die wynmakery drie Grand d’Or en 11 goue medaljes by die Michelangelo Wine Awards verower het.

Een van die drie het gegaan aan die dessertwyn wat tydens die vyfnasies die gunsteling was.

Die ander Grand d’Or-wenners was die 2010 Winemaster’s Reserve Noble Late Harvest, wat by die Decanter World Wine Awards ’n trofee ontvang en by vanjaar se International Wine Challenge goud gewen het, asook die 2010 Private Bin D252 Sauvignon /Semillon, wat nét by die Nederburg-veiling verkoop sal word.

Van die elf goue medaljes het gegaan aan die 2008 Ingenuity Red, die 2010 Winemaster’s Reserve Baronne, die 2010 Winemaster’s Reserve Chardonnay en die 2011 Manor House Sauvignon Blanc.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za