Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wiese uit sy nate oor oorsese toer

Wiese uit sy nate oor oorsese toer
 
2011-09-15


"EK voel baie gelukkig dat ek my land sal verteenwoordig. Dit is die eerste keer dat ek in ’n vliegtuig sal vlieg en oorsee gaan,” sê die oorstelpte 16-jarige Chantley Wiese, die Suid-Afrikaanse karate katakampioen wat in Oktober in Maleisië aan die WKF Junior en onder-21 karatewêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Chantley, ’n graad 11-leerder van Boishaai, moes byna tuis bly aangesien Karate Suid-Afrika verwag dat elke atleet sy eie kostes moet dra.

Gelukkig vir hom het hy ’n donasie van R15 000 van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) ontvang. Dit is deel van die Departement van Landelike en Sosiale Ontwikkeling se spesiale projekte.

“Hierdie geld sal my baie help met my voorbereidings en alles wat ek nodig sal hê vir die reis. Ek bedank die KWDM vir alles en hoop om nie my land teleur te stel nie,” het hy gesê.

Chantley doen reeds meer as sewe jaar karate by die Hayashi-Ha Karateklub in Paarl, met Shihan Patrick Ross as hoofafrigter.

Hy is vroeër vanjaar as Kata-kampioen by die SA kampioenskappe in Port Elizabeth gekroon. Hy is ook gekies om as lid van die Statebond-span in Julie vanjaar in Australië mee te ding, maar kon weens ’n gebrek aan fondse nie deelneem nie.

“Ons staan almal bankvas agter jou, Chantley, en ons weet dat jy jou land trots sal maak,” het raadslid Clara Meyer by die amptelike oorhandiging gesê.

“Bring die goud huis toe!”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  • Gemengde welslae vir Hugenote in interskole
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za