Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grondkundige kragte saamgespan

Grondkundige kragte saamgespan
 
2011-09-22


AGRICULTURAL Consultors International cc (ACI) het pas aangekondig dat hulle deel gaan word van Farmsecure Agri Science (FAS) en dus ook deel van die Farmsecure Groep.

Die doel van hierdie vennootskap is om FAS se holistiese konsultasiedienste, insluitend die presisieboerdery-opsie, aan huidige en potensiële landbou­kliënte regoor Suid-Afrika en ander dele van die wêreld te versterk.

ACI is alombekend as ’n gevestigde grondkundige konsultasiefirma wat spesialiseer in grondverwante advies, grotendeels in uitvoer-vrugtegewasse, maar ook in die olyf- en wynbedryf. Die firma het meer as 20 jaar ondervinding as ’n private konsultasiefirma met meer as 400 plaaslike én internasionale kliënte.

Hierdie kliënte sal steeds onder Farmsecure Agri Science met wetenskaplike advies bedien word.

Tienie du Preez, stigter van ACI, sê: “ACI gaan saam met FAS en Farmsecure bou aan die visie van volhoubaarheid en winsgewendheid in landbou deur die span se industrie- en tegniese kennis van grondkunde, wat insluit grondchemie, pedagogie, grondfisika en -biologie, sowel as hortologiese dienste.”

Erik de Vries, besturende direkteur van FAS, sê: “FAS is verheug dat ACI besluit het om met ons kragte saam te span en só ons gekombineerde dienslewering in gewaskonsultasie te versterk.”

Hy sê Tienie du Preez en sy span se ondervinding in grondchemie, grondopnames en kartering, boordbeplanning en konsultasiedienste, sowel as ’n plaaslike en internasionale voetspoor, plaas FAS in ’n beter posisie om kliënte beter te bedien.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  • Gold rush for Grande Provence
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za