Sportdagboek
2011-09-22
KRIEKET * Paarl-krieketklub se oefeninge vind tans plaas te Parys-sportgronde op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00. Alle huidige spelers en nuwe spelers word versoek om die oefeninge by te woon met die oog op die nuwe seisoen. Die klub speel op Sondag 25 September ’n vriendskaplike wedstryd teen Cape Tech op die Parys-velde en dan weer op 15 Oktober teen Coronations KK. * SR Radiators se A- en B- spanne speel Saterdag (24 September) teen Milnerton op die Parys-velde in ’n 45-beurte wedstryd. * Drakenstein Edu-krieketklub bied op 24 September die Chester Kuiler Ses-aan-’n-kantkriekettoernooi aan. Skakel Butch Green by 073 136 2713 of Henrico Samson by 084 016 6573 vir inligting. Dié klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274. * Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub aansoeke in van krieketspelers. Lindsay van der Berg is aangestel as nuwe afrigter. Vir besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379. * Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Nuwe spelers word uitgenooi om aan te sluit. Skakel Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017 of Elroy Abrahams by 078 223 8117. Dié klub hou op 1 Oktober ’n braai en speletjiesaand by die klubhuis. ) RUGBY * Riverstones speel op 1 Oktober hulle laaste ligawedstryd teen Albions. Op 11 Oktober (19:00) word ’n algemene vergadering en op 24 Oktober (19:00) hulle algemene jaarvergadering gehou. Dit vind plaas by die New Orleans krieketklubhuis. Die bekeruitdelingsfunksie en piekniekdans word op 18 November (19:00) by die gemeenskapsaal gehou. Die koste beloop R70 en die Lit-a-Limit orkes tree op. * United Tones hou op 1 Oktober ’n sportdag by die Dal Josafat Primêre Skool. Die verrigtinge begin om 12:00 met die wedstryde wat om 15:00 en 16:00 gespeel sal word. Vir meer inligting, skakel Abraham Mentoor by 021 873 1307. * Paarl-rugbyklub se algemene jaarvergadering word op Woensdag 28 September om 18:30 in die klubhuis gehou. * Die Fish King Young Standards RFC se 120ste feesjaar sluit ’n feeswedstryd teen Retreat op 1 Oktober op Faurestraat-stadion in, op 15 Oktober ’n feeswedstryd teen Vineyards op Nuweland (voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen WP en Pumas), op 22 Oktober ’n feesdans te Allandale Sportklub en op 29 Oktober ’n derby teen Young Gardens te Faurestraat-stadion. Vir navrae, skakel Kevin Benjamin by 082 731 4879. * Violets se algemene vergaderings word om 19:30 op Maandae by die Bethel-saal gehou. Die klub bied op 30 September ’n braai aan teen R40. Vir navrae, kontak Ashley Raubenheimer by 079 767 6046 of epos ajraubenheimer@gmail.com. * Riverstones se Old Boys’ vereniging bied op 14 Oktober (Vrydag) ’n piekniekdans in die gemeeskapsaal aan. Die koste is R70 met die Lit-a-limit orkes wat gaan optree. Oudlede word daaraan herinner om aan te sluit. Skakel Edmond Oupa by 078 102 0801 vir meer besonderhede. * Young Peoples se bestuur, afrigters, spanbestuurders en eerstespan-spelers vergader eerskomende Maandag (26 September) by die Dal Josafat-krieketklubhuis om 19:00. “Springball”-kaartjies kan ook nog by bognoemde lede verkry word of kontak vir Jerome by 083 402 0302. ) LIGGAAMSBOU Die SA Liggaamsboukampioenskappe word op 8 Oktober vanaf 19:00 in die Paarl stadsaal aangebied. Die toegang is R50 (volwassenes) en R20 (kinders) en kaartjies is by die deure beskikbaar. ) ATHLETICS Boland Athletics will be holding an administration workshop on 29 October at the Picardie Guest Farm in Paarl which will start at 09:00. Attendance certificates will be issued after the workshop. Club chairpersons and competition and race organisers are advised to prioritise this workshop.
More
News
|