Standards koning
2011-09-22
IN ’n aanskoulike hoëtempo-wedstryd verlede Saterdag het Young Standards vir Simondium met 48-17 verslaan. Met dié oorwinning het hulle verseker dat hulle aan die Paarlstreek se uitkloptoernooi gaan deelneem. ’n Totaal van 9 drieë is gedruk met Young Standards wat 6 gedruk het en die bonuspuntdrie wat reeds in die eerste helfte aangeteken is. Standards se drieë is gedruk deur Bradman Arendse, Brandon van Schoor, Henley Goliath, Emilo Brown (2) en R Julies. Julies het ook met ’n doelskop geslaag, terwyl Charlin Paulse met ’n skepskop, strafskop en doelskop geslaag het. Rico Davey het met 2 strafdoele geslaag. Young Standards se tweedes verloor met 19-21, terwyl die derdes met 38-6 gewen het. Young Standards speel op 1 Oktober teen Retreat in hul 120-jarige feesvieringe op die Faurestraat-stadion met junior spanne van o.8 tot o.20, ’n oor 40 veterane- span , ’n junior damespan en senior dame- span. Vir verdere besonderhede, kontak 082 598 5805.
More
News
|