Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baie visse uitgetrek

Baie visse uitgetrek
 
2011-09-22


’n TOTAAL van 154 karpe met ’n gesamentlike gewig van 229 kg is gedurende die 8ste klubkompetisie van die Paarl Varswater Hengelklub uitgetrek. Dié kompetisie het verlede Saterdag by die Paarldam plaasgevind.

Ten spyte van ongewone warm weer van omtrent 30 grade en ’n baie vol dam, is daar nog steeds goeie vangste gemaak. Daar is ’n hele klomp mooi karpe gevang in die 2 tot 3 kg-klas. Foxie Foxcroft het die swaarste een vir die dag gevang wat die skaal op 4,15 kg getrek het. Sulke groot visse is maar skaars in Paarldam.

Johan Otto was die beste hengelaar vir die dag met 15 karpe met ’n gewig van 29,7 kg. Sydney Diedericks was die tweede beste met 28 visse vir 17 kg en Stokkies Rossouw derde met 13 visse vir ’n totaal van 21,7 kg. Zandrea van Deventer was die beste dames hengelaar met 12 visse vir 11,2 kg, gevolg deur Magda Otto met 7 visse vir 13 kg en Lucy Esterhuize met 3 visse.

Op die telbord raak dinge nou warm met Paul Greyling jr. en Otto wat saam voorloop met ’n puntetotaal van 382. Diedericks is in die derde plek met 357 punte. In die damesafdeling is Magda nog voor met 345 punte met Zandrea net 6 punte agter haar. Magriet Vosloo is derde met 205 punte.

Daar is nog twee kompetisies oor met die volgende een wat plaasvind op 15 Oktober by die Kwaggaskloof-dam naby Worcester.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  • Blues bly die gunsteling
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za