Sewes-aksie begin reeds môre
2011-09-22
DIE Paarl AC Rottweiler Erfenisdag sewe-aan-’n-kant-rugbytoernooi skop reeds op 23 September af met die eerste wedstryd wat reeds om 18:00 by die Dal Josafat-stadion begin. Vrydag se program is soos volg: 18:00 Paarl vs Wellington, 18:20 Simondium vs Young Standards, 18:40 Perel United vs Allandal, 19:00 Young Peoples vs Lanquedoc, 19:20 Saron vs Windmeul, 19:40 Albions vs Klapmuts, 20:00 Roses United vs River-stones, 20:20 Young Gardens vs Rangers, 20:40 Vineyards vs Violets, 21:00 Hillcrest vs Newton Villagers, 21:20 Laer Paarl vs Gouda, 21:40 Franschhoek vs Evergreens. Die top 16 spanne wat deurgaan na die groepwedstryde, begin Saterdag om 10:00 op Dal Josafat se C- en D-velde, met die o.14’s van Laer Paarl, Vineyards, Riverstones, Simondium, Young Gardens, Standards, Albions en Perel United wat sal meeding op die hoofveld. Die kwarteindstryde van senior spanne begin om 14:00 op die hoofveld.
More
News
|