Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers moet momentum gebruik

Kavaliers moet momentum gebruik
 
2011-09-22


DIE momentum van die Regent Boland Kavaliers die afgelope seisoen en die hope drieë vir hulle in vanjaar se Curriebeker eerste divisie-kompetisie, sal dalk die regte motiveringsdoepa wees om môremiddag die OP Kings van hulle rugbytroontjie af te stoot. Dié wedstryd begin om 15:00 op Boland-stadion op Wellington.

Al wat die Bolanders nou soek, is ’n volgepakte stadion met begeesterde pienkdraende Boland-ondersteuners.

En ’n wen sal vir die Bolanders baie beteken, want dié twee spanne gaan, soos sake nou staan, dit in die finaal ook uitspook.

Ondersteuners behoort nie teleurgestel te word in wat die Bolanders môremiddag gaan opdis nie.

Gemeet aan die Kavaliers se verskeie spelpatrone vanjaar, waar die lees van hoe die opponente speel met verskeie wedstrydplanne teengestaan word, sal weer eens vir hope aksie sorg.

“Ons hou nie by ’n spesifieke patroon nie, maar probeer die situasie vinnig opsom en wissel dan ons spelpatrone af.

“Ondersteuners kan hulle maar weer regmaak vir aantreklike rugby,” sę Loffie Eloff, direkteur van afrigting van die Boland-rugbyunie.

“Dié wedstryd is soos wat almal voorspel, ’n voorsmakie van die eindstryd.

“Die EP Kings is topklas, maar ’n wen vir ons sal vir die spelers baie beteken,” sę hy.

Die Bolanders sal graag ook die bordjies wil verhang nadat hulle in Port Elizabeth teen die Kings vasgeval het. Volop hardlooprugby word voorspel.




More News
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  • Blues bly die gunsteling
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za