Gasheer vir stoei
2011-09-22
DIE Boland Stoeivereniging is die gasheer vir die SA kus-stoeikampioenskappe (23 September) en die SA streekkampioenskappe (24 September) wat hierdie naweek in die Paarl aangebied word. Dit vind plaas by die Mbekweni Community Sport Centre. Paarl Stoeiklub se stoeiers in die kuskampioenskappe is Hugo Engelbrecht (o.7), Damian Ipser, Christoffer Bosman, Fanie Malan, Rory Gibson, Freddie Eyssen, Derik Bezuidenhout (almal kadette), Jerome Adriaanse, Gavin Links, Nicolas Gibson (almal juniors) en Jerome Adriaanse (senior) deel. In die SA streekkampioenskappe neem André Engelbrecht (o.8), Darren Lewis (o.11), Stephan Lombaard (o.13), Breyten Maritz (o.13), M C de Jongh (o.15) en André Willem Maritz (o.15) deel.
More
News
|