WORSHIP OPPIBERG is ’n jaarlikse instelling waar verskillende kerkdenominasies bymekaarkom om God op een sentrale plek te aanbid.
Dit vind Saterdag 8 Oktober om 19:00 by die Amfiteater op Paarlberg plaas.
Dié byeenkoms is nie ’n Christusfees of Gospelskouspel nie, maar ’n drie ure lange geleentheid vir intieme lofprysing en aanbidding tot God. Die hekke open om 17:00. Toegang is R20.