Die amateur-dramagroep van die Ou Meul-teater is Donderdag 22 September om 20:00 hiér op die planke.
Almal is aangesê om ’n gedig van die gewilde en alombekende digter Antjie Krog voor te dra.
Die komponis en sanger Laurinda Hofmeyr sal ook twee gedigte van Antjie Krog, wat sy getoonset het, sing.
LUMA, met die twee musikante Luca Hart en Matthias Silbernagl, sal ook sorg vir lekker musiek.
Hulle het al hul musiek (vir viool en akoestiese kitaar) self geskryf en dit wissel van melancholies tot energieke sigeunermusiek.
Toegang is R35 en sluit ’n glasie port in. Bespreek by Vicky by 083 564 0056.