Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skilder verbrand sy erfenis op Braaidag

Skilder verbrand sy erfenis op Braaidag
 
2011-09-22


DIE internasionale kunstenaar Lee Molenaar gaan op Erfenisdag (Saterdag 24 September) die onverkoopte skilderye van sy Suid-Afrikaanse debuutuitstalling laat verbrand.

Lede van die publiek sal drie ure hê om die werke te besigtig voor die onverkoopte werke op ’n brandstapel gegooi word. ’n Grafsteen sal die vlak graf merk waar die as begrawe sal word.

“Ek het die pryse doelbewus laag gehou sodat die publiek werklik in die posisie kan wees om te besluit of die skilderye moet brand of nie. Ek maak die keuse bekostigbaar en realisties. Die losprys van die werke wissel van R500 tot R2 000 vir ’n gróót olieskildery.”

En as niks sou verkoop nie, sal hy die oortuiging hê om voort te gaan met brandplan? “Beslis!”

Die uitstalling vind van 13:00 af by De Compagne Estate, Bovlei, Wellington plaas.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za