Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


In lewende lywe met kruie, koek en tee

In lewende lywe met kruie, koek en tee
 
2011-09-22


DIE kruiekenners en natuurmense, Antoinette Pienaar en oom Johannes Willemse, is Vrydag om 10:00 by die Bôrdienghuis-teater op Wellington te sien.

Diep in die Groot-Karoo, aan die voet van ’n berg sonder ’n amptelike naam, leer dié Griekwa-kruiekenner Antoinette hoe om mense met kruie gesond te maak.

Oom Johannes, reeds in sy negentigs, was glo sommer vies dat dit die bekende Afrikaanse aktrise byna 40 jaar geneem het om by hom uit te kom – hy droom dan reeds dekades lank dat sy hom gaan help om sy kennis oor te dra.

Hulle het eers ontmoet nadat sy in 2001 op haar kleinneef Jacques Pienaar se plaas opgedaag het – ernstig verswak nadat sy serebrale malaria opgedoen het. Sy het op die plaas aangebly om deur kruie en die Karoo genees te word.

Oom Johannes, wat onder baie name bekend staan – siener, kruiedokter, heler, storieverteller en leermeester – is op die plaas Breekkierie in die Kenhardt-distrik gebore as die oudste van twaalf kinders. Hy het sy kennis van Karoo-kruie saam met heelwat ander wyshede en staaltjies by sy oupa Hansie geleer en deel dit vandag met ander Suid-Afrikaners. Kaartjies vir die praatjie kos R100 en sluit koek en tee in en kan bespreek word by 082 812 1112.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za