Lyk in rivier gevind
2011-09-22
SOKKERSPELERS het Saterdag op ’n grusame vonds in die Paarl afgekom. Die spelers het omstreeks 13:00 op die Boy Louw-velde sokker gespeel toe hulle iets in die Bergrivier sien dryf het. By nadere ondersoek het hulle op die erg ontbinde liggaam van ’n vrou afgekom. Die polisie is ontbied en polisieduikers het die liggaam uit die rivier verwyder. Die vrou se identiteit is steeds onbekend en dit is nog nie bekend hoe sy dood is nie. Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan 021 807 4000 skakel.
More
News
|