Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe takel Wellington besighede

Diewe takel Wellington besighede
 
2011-09-22


DIEWE het die afgelope naweek swaar op sakeondernemings op Wellington toegeslaan.

Sondagaand is sigarette en selfoon-simkaarte ter waarde van duisende rande by Pick n Pay in die Wamakersvallei-sentrum gesteel toe diewe hul pad die winkel in deur die dak gevind het.

Volgens die polisie op Wellington het die diewe die drade wat aan die veiligheidskameras en alarmstelsel gekoppel was, geknip voordat hulle hul strooptog deur die winkel voortgesit het.

Hulle was gewapen met ’n hoekslyper waarmee hulle ’n klein kluis probeer oop slyp het. Hulle het nie daarin geslaag nie en kon dus geen kontant buit nie.

By Bester Meubels in Versaillesstraat is duisende rande se gereedskap en masjinerie op een van die onderneming se Toyota-bakkies gelaai. Die diewe het eenvoudig daarmee weggery.

Inligting is egter in verband met die voorval ontvang. Die polisie op Wellington het ondersoek ingestel en speurwerk het hulle gelei na ’n woning in Parow waar die bakkie en van die gereedskap teruggevind is.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die Wellingtonse stasiebevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, het gesê dat daar sterk leidrade is wat opgevolg word.

* Die gemeenskap word ook gewaarsku om baie versigtig te wees wanneer hulle kontant by ’n kitsbank onttrek.

Dit kom nadat ’n sakeman van Wellington onlangs van R10 000 beroof is toe hy geld vir lone by ’n bank onttrek het. Die man is vermoedelik deur die rowers dopgehou voor hulle hom by sy motor oorval en van die geld beroof het.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Misdadigers sit lank
  • Lyk in rivier gevind
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za