Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hawelose-probleem in Paarl aangepak

Hawelose-probleem in Paarl aangepak
 
2011-09-22

Lise Beyers

DIE voedingsprojek van Monte Christo Ministries, die Voucher-projek, kom goed op dreef in die Paarl.

Sedert die aanvang van die projek verlede maand het lede van die Paarlse gemeenskap al meer as 600 boekies bewyse gekoop.

Met hierdie hawelosesorgprojek wil Monte Christo Ministries en Miqlat gesamentlik die publiek aanspoor om nie geld aan hawelose mense te gee nie, maar eerder ’n bewys wat vir hulle óf ’n bord kos sal beteken, óf ’n kledingstuk van die Hospice-winkel in Bredastraat, Paarl.

Hierdie bewyse word verkoop in boekies van ses bewyse elk. Die boekies kos R30 en is reeds by verskeie verkoopspunte dwarsoor die Paarl beskikbaar.

Lede van die publiek word aangemoedig om hierdie boekies te koop en te alle tye byderhand te hou. Wanneer hawelose mense om geld vra, kan ’n bewys eerder aan hulle gegee word.

“Die hawelose-probleem in die Paarl is geweldig,” sê Jacques Heyns, koördineerder van die projek.

“Ons vermoed daar is meer as 2 000 haweloses in dié gebied. Om ’n paar sent aan die persoon te gee wat by jou deur kom bedel, is nie die oplossing nie. Ongelukkig word hierdie geld ook dikwels op alles behalwe kos spandeer.

“Met die Voucher-projek beoog ons om meer van ’n langtermynoplossing te skep. Dit spreek wel die onmiddellike behoefte van die persoon aan, maar die Voucher-projek hou nie net hiér op nie.”

Heyns verduidelik dat die beginsel is om ’n verhouding met die hawelose mense op te bou, hul hande te vat en hulle weer by die samelewing te integreer.

Hy sê dat ’n databasis opgebou word van elke persoon in nood wat by hulle aanklop. Berading word aan hulle beskikbaar gestel en hulle word aangemoedig om by die verskillende werkerspanne van Monte Christo Ministries aan te sluit. Die spanne is betrokke by tuindienste en straatskoonmaakprojekte.

Vir meer inligting, skakel 021 872 1179 of 083 872 9626, faks 086 299 0732, stuur e-pos na fullcirclemin@gmail.com of besoek www.mcmmiqlat.com.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  • Lyk in rivier gevind
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za