Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musikant sterf na perdry-tragedie

Musikant sterf na perdry-tragedie
 
2011-09-22

Chief Rabbi Warren Goldstein

Lise Beyers

’n BEKENDE musikant van die Paarl is Saterdag dood ná ’n perdry-ongeluk die vorige naweek.

Jean du Plessis (28), ’n gesoute ruiter, het verlede Sondag haar perd vir ’n kort rit geneem op die kleinhoewe naby Windmeul waar sy saam met haar man en 13 maande oue seuntjie, albei Johann, gewoon het.

Kort daarna het die perd weer by die huis aangekom, maar daar was geen teken van Jean nie.

Haar man het inderhaas na haar gaan soek en haar sowat twee kilometer van hul huis af bewusteloos gevind.

Sy het nie ’n helm opgehad nie en het met haar kop teen ’n boom gelê.

Sy is per ER-ambulans na Paarl Medi-Clinic geneem, waar daar vasgestel is dat sy drie skedelbreuke opgedoen het.

Weens die swelling van haar brein, is ’n operasie op haar uitgevoer om ’n deel van die skedel te verwyder.

Hoewel sy nooit weer haar bewussyn herwin het nie, is haar toestand later verlede week as bestendig beskryf.

Sy het egter ’n terugslag beleef en is Saterdag oorlede.

Jean was onder meer bekend vir haar Jean de Jongh-musiekskool in die Paarl.

Johann sê dat Jean se perd uiters mak was en soms selfs by die kombuisdeur ingeloer het om te “groet”. “Ek weet nie wat gebeur het nie, maar ek vermoed dat die perd vir iets geskrik het.”

Jean het musiek aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het as liedjieskrywer en uitvoerende kunstenaar verskeie toekennings ontvang. Sy het ook dikwels by die Dorpstraat-teater op Stellenbosch opgetree, asook by verskeie wynlandgoedere.

“Almal wat haar geken het, sal haar onthou as ’n ware sprankelende persoon,” sê Johann. “By ons gunsteling-eetplek, Juno, het die personeel gesê dat as Jean daar ingestap het, het dit hul dag gemaak.”

Jean word vanoggend om 11:00 vanuit die NGK Agter-Paarl begrawe.

* A popular musician and music teacher in Paarl has tragically died after a horse riding accident




More News
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  • Lyk in rivier gevind
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za