BOEKHOUER
2008-01-17
JHG
Ons kliënt, `n leier in die wynbedryf en ontwikkelaar van `n welbekende leefstyllandgoed tussen Paarl en Franschhoek, benodig tans die dienste van `n BOEKHOUER
Die geskikte kandidaat moet akkuraat en onafhanklik kan werk, asook `n goeie spanspeler wees en oor die dryfkrag beskik om take suksesvol af te handel.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir finansiële rekordhouding op Pastel en sal direk onder die finansiële direkteur werk om finansiële beheersisteme in plek te stel vir al die operasionele maatskappye in die groep.
Ten minste vier jaar toepaslike ervaring word vereis in beide BTW en Payroll, asook rekenaarvaardigheid in Pastel, MS Office en Excel. Vorige ervaring in boekhouding by Huiseienaarsvereniging sal in jou guns tel.
Die salarispakket is R8 000 - R10 000 per maand en berus op kwalifikasies en ervaring.
Stuur asseblief u CV na info@jhg.co.za of skakel Naomi by 021-919-7635.
Aansoeke sluit op Dinsdag 22 Januarie 2008 om 13:00.
More
News
|