Kinderversorger
2005-06-15
Kinderversorger - Huis Andrew Murray Ned. Geref. Kerk-kinderhuis, Wellington
‘n Program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland)
‘n Geleentheid vir persone tussen 25 en 49, ongetroud en sonder afhanklikes. Inwoning is verpligtend Verpligtinge Toesig en beheer oor, asook die stimulering, opvoeding en fisiese versorging van, 14 kinders (van babas tot hoërskoolseuns/-meisies) in ‘n afsonderlike huiseenheid • basiese administrasie • betrokkenheid by indiensopleidingsprogramme. Kandidate moet: • oor goeie begrip en aanvoeling vir getraumatiseerde kinders beskik; • gemaklik aansluiting kan vind by kinders van alle ouderdomme en geslagte; • effektief kan organiseer; • begrip en insig kan toon vir eise binne ‘n inrigtingsopset; • goeie interpersoonlike verhoudinge kan handhaaf; • oor vorige ervaring van inrigtingversorging beskik; en • verkieslik in besit wees van ‘n geldige kode B-rybewys (vorige kode 08).
Voordele: Gratis gemeubileerde enkelwoonstel • etes • onderhandelbare salaris • mediese en pensioenskema • ruim verlofvoordele gedurende skoolvakansies.
More
News
|