ACVV WELLINGTON
2008-02-14
ACVV WELLINGTON KANTOORBESTUURDER/FINANSIËLE/ADM. BEAMPTE HALFDAGPOS Ons beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n Kantoorbestuurder. Sal direk rapporteer aan Portefeulje Hoof van Bestuur Vereistes: • Sal direk rapporteer aan Portefeulje Hoof van Bestuur • Graad 12 plus minimum 5 jaar toepaslike ervaring • Ervaring in ‘n Welsynsorganisasie sal as sterk aanbeveling dien • Moet ten volle rekenaargeletterd wees en beskik oor praktiese ervaring van Word/Excel • Kennis en ervaring van Pastel is uiters belangrik • Moet oor uitstekende administratiewe vaardighede beskik • Moet beskik oor goeie kommunikasievaardighede • Moet in spanverband kan saamwerk • Moet oor ‘n geldige rybewys en eie vervoer beskik • Moet kontakbare verwysings hê Indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. FONDSWERWER Weens voortgesette uitdagings het die ACVV Wellington, die behoefte om ‘n Fondswerwer aan te stel. Vergoeding sal bepaal word op ‘n persentasiebasis. Suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik: 1. Bewese bemarkingsvaardighede in die Welsyn sektor 2. Moet funksies kan organiseer en suksesvol aanbied 3. Bogemiddelde kommunikasievaardighede 4. Selfgedrewe en doelwitgeoriënteerd 5. Moet kan saamwerk met ‘n groep vrywilligers op Bestuursvlak Aansoekers moet aanvaar dat sekerheidsklarings op aansoekers gedoen sal word. Sal direk rapporteer aan Portefeulje Hoof van Bestuur. Die Organisasie is gefokus op gelyke indiensneming.
More
News
|