Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tele-werwer (Flinkgids)

Tele-werwer (Flinkgids)
 
2008-02-21


PAARL POST
Stem van Drakenstein - Voice of Drakenstein

Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde
Tele-werwer (Flinkgids)

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

•Die telefoniese afneem en verkoop van advertensies vir die geklassifiseerde- en Diensgidsafdeling op ‘n rekenaar.

• Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig.

• Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte.

• Op te tree as skakel vir klante en die opstel en plasing van geklassifiseerde advertensies.

• Uitstekende rekenaarvaardigheid kan toepas.

Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing en die nodige druk kan hanteer.

Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.

Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste sonder 'n plafon te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.

Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by 021-872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost.co.za
SLUITINGSDATUM: 27 Februarie 2008.

(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 7 Maart 2008 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.) Paarl Post is onder geen verpligting om hierdie pos te vul nie.









More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za