Plaasbestuurder / Logistieke bestuurder
2008-02-28
Plaasbestuurder / Logistieke bestuurder ~ Klein Parys Vineyards ~ Aansoeke word ingewag vir ‘n Plaasbestuurder/ Logistieke bestuurder vir diensaanvaarding so spoedig moontlik. Pligte behels: • Bestuur van werkspan vir algemene plaaswerk • Algemene onderhoud op implemente, voertuie en fasiliteite • Skedulering van werksprogram • Logistieke reëlings en laai van houers vir versending/verskeping • Voorraad beheer en bestuur Die suksesvolle kandidaat is tweetalig en beskik oor ‘n matrieksertifikaart met toepaslike tersiêre opleiding wat as sterk aanbeveling sal dien. Algemene vereistes sluit in: • Goeie organisasievermoë • Onafhanklik en innoverend • Dinamies en analities • Produktief en besigheidsgeoriënteerd ‘n Mededingende pakket met gepaste byvoordele word aangebied. Faks CV na 021-872-8527 of e-pos na kmoller@kparys.co.za Aansoeke sluit 29 Februarie 2008. Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie moet u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|