BOEKHOUER/SEKRETARESSE
2008-03-19
BERGRIVIER BESPROEIINGSRAAD BOEKHOUER/SEKRETARESSE
Die BERGRIVIER BESPROEIINGSRAAD, geleë in die Paarl, beskik oor ‘n halfdagpos vir ‘n boekhouer met sekretariële vaardighede.
Die posbekleër sal aan die Voorsitter rapporteer en verantwoordelik wees vir, maar nie beperk tot, die volgende:
• Voorbereiding van maandelikse finansiële verslae • Byhou van rekenkundige rekord tot proefbalans • Invordering van debiteure • Opstel van begroting • Statutęre opgawes, BTW, LBS • Byhou van rekords van ingelyste watergebruikers volgens die vereistes van Die Departement Waterwese • Korrespondensie met belanghebbendes rakende watergebruiksregte vanuit die Bergrivier • Reël van vergaderings
Die ideale kandidaat sal beskik oor goeie mensever-houdings, in Afrikaans en Engels kan kommunikeer en skryf, met baie goeie kennis van rekenaarprogramme soos Pastel, Excel en Word en moet baie akkuraat kan werk.
Rig u bondige CV aan: Die Voorsitter, Posbus 538, Suider-Paarl, 7624 of e-pos na billvb@vodamail.co.za Aansoeke sluit Vrydag 4 April 2008.
Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum, van ons gehoor het nie beskou u aansoek as onsuksesvol.
More
News
|