SEKRETARESSE
2008-03-27
PAM GOLDING
SEKRETARESSE
Wellington-tak
Posbeskrywing:
Om die Pam Golding handelsmerk te bevorder deur professionele en vriendelike hantering van kliënte en besigheidsnavrae, hetsy telefonies of deur persoonlike kontak, en die koördinering van alle administratiewe take in die kantoor.
Verantwoordelikhede:
• Algemene kantoorverpligtinge soos bestellings van kantoorbenodigdhede, skryfbehoeftes, korrespondensie, faks en liasseerwerk • Voorbereiding van advertensies • Voorbereiding vir skouhuise • Vaslegging van inligting op maatskappy-sagteware, asook elektroniese korrespondensie • Skakelbord en hantering van die ontvangsarea • Sekretariële pligte vir agente
Vereistes:
• Matriek met 'n naskoolse administratiewe/sekretariële kwalifikasie • Tweetaligheid (Afrikaans en Engels) • Rekenaargeletterdheid (Internet, e-pos, Microsoft Office) • Vriendelike kliëntingesteldheid • Professionaliteit • Ingesteldheid op akkuraatheid en detail • Administratiewe en/of sekretariële ondervinding
Kontak: hrbo@pamgolding.co.za of faks CV na 021-851-4711
More
News
|