Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Finansiële Rekenmeester

Finansiële Rekenmeester
 
2008-05-15


PAARL WEB
deel van die Paarl Media Groep, is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die druk en afwerking van hoë gehalte tydskrifte, katalogusse, brosjures en soortgelyke drukwerk.
'n Geleentheid is beskikbaar vir ‘n toepaslik-gekwalifiseerde Finansiële Rekenmeester om by ons Paarl Web span aan te sluit.
Finansiële Rekenmeester
Paarl
Ons is tans op soek na 'n Finansiële Rekenmeester met 'n minimum B.Com kwalifikasie met die oog om hul Leerskap/Artikels te voltooi. Ondervinding in die finansiële omgewing in die media- en drukkery-industrie sal tot voordeel strek.
As deel van die finansiële span sal die suksesvolle kandidaat verantwoordelik wees vir die instandhouding van verskeie finansiële funksies onder andere, (maintenance of the fixed asset register, review of sales invoices, handling of creditor and forex payments, hedging and general management of stock with regard to reviewing work of the stock clerk) en sal direk aan die Finansiële Bestuurder rapporteer.
Rekenaargeletterdheid in al die MS Office pakkette sowel as die Accpac- en Pastel-stelsels is verpligtend. Die posisie vereis dat die kandidaat sterk oor die volgende vaardighede beskik: sterk numeriese vaardighede, problematieke situasies vas te stel en op te los en bereid wees om oortyd en naweke te werk wanneer nodig.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende totale koste vergoedingspakket wat groot maatskappyvoordele insluit. In terme van die groep se diensbillikheidsbeleid, sal voorkeur aan individue vanuit voorheen benadeelde groepe verleen word.
Indien u aan die bovermelde vereistes voldoen en belang stel in hierdie uitdagende pos, besoek asseblief ons webwerf by www.paarlmedia.co.za en kies die "careers" opsie en volg die stappe om te registreer. Wanneer registrasie voltooi is, kan u aansoek doen vir die pos wat op die webwerf geadverteer word.
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.
Sluitingsdatum: 23 Mei 2008



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za