Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekenmeester

Rekenmeester
 
2008-05-22


GLOFRESH
Rekenmeester
Glofresh, 'n vrugtebemarkingsmaatskappy, met sy hoofkantoor in die Paarl beskik oor 'n loopbaangeleentheid vir 'n Rekenmeester.
Die posbekleër sal aan die direksie rapporteer en verantwoordelik wees vir:
• die voorbereiding van maandelikse finansiële verslae
• akkurate en tydige finansiële verslagdoening
• bestuur van en beheer oor stelsels, prosedures en kontroles
• debiteure-/krediteure kontrole
• die verwerking van bemarkingsinligting en verslae.
Die ideale kandidaat is 'n toegewyde, tweetalige, taakgeoriënteerde persoon met goeie interpersoonlike vaardighede, 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie in rekeningkunde en/of praktiese ondervinding asook goeie rekenaarvaardighede. Kennis van Pastel, Excel, Word en Outlook asook ondervinding van die varsvrugte- bedryf sal in u guns tel.
In ruil vir u kundigheid en toewyding bied die onderneming 'n mededingende vergoedingspakket.
Rig u bondige CV sonder versuim aan Sanet by e-pos: admin.bms@lantic.net of faks: 021-872-3881
Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne drie weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za