MAATSKAPLIKE WERKER
2008-05-22
ACVV WELLINGTON Aansoeke word ingewag vir: MAATSKAPLIKE WERKER Diensaanvaarding: 1 Julie 2008 Kontrakpos (Julie-November 2008) Moontlikheid van verlenging. VEREISTES: • BA-Graad / Magistergraad in Maatskaplike Werk • Registrasie by Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP) • Ervaring in die praktyk van maatskaplike werk en spesifiek ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsdienste • Kommunikasie- en taalvaardigheid in beide Afrikaans en Engels • Skakeling en onderhandeling met die Hugenote Kollege, ten opsigte van praktykonderrig van studente • Bemarking en Fondsinsameling • Geldige rybewys AANBEVELINGS: • Kennis en ervaring van Supervisie • Vorige ondervinding van Studentepraktykonderrig Aansoeke moet ‘n volledige CV, aanvullende dokumentasie en die kontakbesonderhede van drie bereikbare, professionele referente bevat. CV’s kan gefaks word na 021-864-2256 Gelyke indiensneming is vir die organisasie ‘n prioriteit. Indien u nie binne 14 dae ná die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, moet u aanvaar dat u onsuksesvol was. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 30 Mei 2008
More
News
|