LYNKWALITEITKONTROLEUR
2008-05-22
SIMONSVLEI LYNKWALITEITKONTROLEUR Simonsvlei Internasionaal, geleë in die Paarl Wynvallei, benodig die dienste van 'n Lynkwaliteitkontroleur. Aansoekers moet sterk interpersoonlike vaardighede toon en goeie menseverhoudinge hê, asook ten minste 2 jaar ervaring in 'n soortgelyke omgewing hê. Kennis van die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel. Verantwoordelikhede behels onder andere: Kwaliteitskontrole t.o.v. vulling van wyne in tapsakke en bottels; kwaliteitskontrole t.o.v. etikettering; onderhoud van lyninspeksie-materiale; suurstofmeting; asook kwaliteitskontrole van inkomende droë materiale. Die kandidaat sal direk aan die Laboratorium/QC-bestuurder rapporteer. Die salaris is mededingend in ooreenstemming met die aansoekers se ervaring en word deur 'n volledige reeks byvoordele, eie aan 'n groot gevestigde onderneming aangevul. Indien u belang stel, rig 'n gedetailleerde CV voor 27 Mei 2008 aan Die Hoof: Kwaliteitsdienste, Posbus 584, Suider-Paarl, 7624. Skakel 021-863-3040 vir nadere inligting. Faks 086 634 6549. Indien u twee weke na sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. STOOR-ASSISTENT Simonsvlei Internasionaal, geleë in die Paarl Wynvallei, benodig die dienste van 'n stoor-assistent wat aktief betrokke kan wees by voorraadhouding en voorraadtelling. Die suksesvolle kandidaat beskik oor onderstaande minimum vereistes: • Graad 12 - syferkundig aangelê • Rekenaarvaardigheid • Goed tweetalig wees (Engels & Afrikaans) • Bereid wees om fisies arbeid te doen • Hardwerkend, akkuraat & netjies wees • Ondervinding in wynbedryf en/of stoorwerk • Moet bereid wees om oortyd te werk • Moet eie inisiatief aan die dag lê en onafhanklik kan funksioneer Die kandidaat sal direk aan die Voorraadbestuurder rapporteer. Die salaris is mededingend in ooreenstemming met die aansoekers se ervaring en word deur 'n volledige reeks byvoordele, eie aan 'n groot gevestigde onderneming aangevul. Indien u belang stel, rig 'n gedetailleerde CV voor 27 Mei 2008 aan die Voorraadbestuurder, Posbus 584, Suider-Paarl, 7624. Skakel 021-863-3040 vir nadere inligting. Faks 021-863-1240. Indien u twee weke na sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. STOORHULP Simonsvlei Internasionaal, geleë in die Paarl Wynvallei, benodig die dienste van 'n Stoorhulp. Minimum vereistes: • Graad 12 - syferkundig aangelê • Goed tweetalig wees (Engels & Afrikaans) • Bereid wees om fisies arbeid te doen • Hardwerkend, akkuraat & netjies wees • Ondervinding in wynbedryf en/of stoorwerk • Moet bereid wees om oortyd te werk Die kandidaat sal direk aan die Voorraadbestuurder rapporteer. Die salaris is mededingend in ooreenstemming met die aansoekers se ervaring en word deur 'n volledige reeks byvoordele, eie aan 'n groot gevestigde onderneming aangevul. Indien u belang stel, rig 'n gedetailleerde CV voor 27 Mei 2008 aan die Voorraadbestuurder, Posbus 584, Suider-Paarl, 7624. Skakel 021-863-3040 vir nadere inligting. Faks: 021-863-1240. Indien u twee weke na sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|