Verkope- en Klantediens-bestuurder
2008-06-19
PAARLWEB
Paarl Web is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die reproduksie, druk en afwerking van hoë gehalte tydskrifte, brosjures en algemene drukwerk.
Verkope- en Klantediens-bestuurder Paarl
Ons soek tans na 'n tersiêr-gekwalifiseerde persoon met toepaslike opleiding en bewese ervaring in verkope, die ontwikkeling van nuwe besigheidsgeleenthede, sowel as prysberekening. Vorige ervaring in die drukkers- en/of media industrie is nie 'n absolute vereiste nie, maar sal wel tot voordeel strek.
Die persoon wat aan die Besturende Direkteur rapporteer, sal verantwoordelik wees vir die formulering en implementering van die verkoops- en bemarkingstrategie, sowel as die koördinering van die verkoopspanne se aktiwiteite ten einde verkoopsdoelwitte te realiseer.
Die suksesvolle kandidaat sal oor uitstekende bestuurs- en interpersoonlike vaardighede en bewese ervaring in verkope, sowel as die bestuur van sleutelrekeninge en uitbouing van 'n maatskappy-handelsmerk beskik.
'n Deeglike begrip van finansiële en produksieprosesse is noodsaaklik, wat deur uitstekende kommersiële en besigheidsinsig, sowel as goeie kommunikasie- en numeriese vaardighede aangevul word.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende en buigsame vergoedingspakket.
Voorkeur sal, in terme van die groep se diensbillikheidsbeleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word.
Ons nuwe werwingsprosedure verlang dat alle aansoekers hul CV's op ons webblad moet registreer voordat dit in aanmerking geneem kan word.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe uitdaging in 'n dinamiese drukkerygroep te aanvaar, moet u die Paarl Media webblad by www.paarlmedia.co.za besoek en op die loopbane-skakel klik om vinnig en maklik te registreer. Sluitingsdatum: 4 Julie 2008.
More
News
|