Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


VOORMAN/TEGNIKUS BOTTELERINGSLYN

VOORMAN/TEGNIKUS BOTTELERINGSLYN
 
2008-07-31


Paarlvallei Bottelering (Edms) Bpk
Paarl Valley Bottling (Pty) Ltd

Die volgende vakatures bestaan by ons aanleg wat net buite Wellington geleë is:

BOTTELERINGSLYN VOORMAN/TEGNIKUS

Die persoon is verantwoordelik vir die effektiewe funksionering van 'n botteleringslyn.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Toesighouding
- Opstel van produksielyn
- Monitor en optimalisering van produksieprosesse
- Kwaliteitsbeheer
- Higïene en veiligheid
- Algemene administrasie

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende voldoen:

- Graad 12, verkieslik met tegniese vakke (erkende toepaslike ambag sal aansoek versterk)
- Ten minste 3 jaar ervaring in 'n toesighoudende hoedanigheid oor 'n span mense in 'n produksie-omgewing
- Onder druk kan werk
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede
- Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer

MASJIENOPERATEUR

Die persoon is verantwoordelik vir die effektiewe bedryf van botteleringsmasjinerie

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:

- Oorskakeling en instel van botteleringsmasjiene
- Nodige instandhouding van botteleringsmasjiene
- Effektiewe hantering van materiale op lyn
- Higiëne en veiligheid

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:

- Graad 12 met verkieslik tegniese vakke

LYNINSPEKTEUR

Die persoon is verantwoordelik om te verseker dat die nodige kwaliteitskontroles gedoen word tydens bottelerings en etiketerings

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:

- Kontrolering van uitgereikte droë voorraad
- Kontrolering van kwaliteit van verpakking tydens bottelering
- Ondersoek en rapportering van klagtes
- Onderhoud van kwaliteitstelsel in verantwoordelike area
- Huishouding en veiligheid
- Relevante administrasie

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen.

- Graad 12

LIGINSPEKTEUR

Die persoon is verantwoordelik om visuele kwaliteitskontrole op produkte te doen tydens die produksieproses

Die sleutelverantwoordelikhede sentreer rondom:

- Visuele inspeksies
- Kontroles op verpakkingsmateriale en klaar verpakte produkte
- Administratiewe take ten opsigte van kontroles
- Huishouding

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:

- Graad 10 of soortgelyke kwalifikasie
- Goed kan lees en skryf
- Beskik oor baie goeie sig en waarnemingsvermoë

Die volgende sal die aansoeke verder ondersteun:

- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis van wynbotteleringstoerusting
- Kennis en ondervinding van 'n kelder, wyn- en ander verwante produkte omgewing.
- Kennis van ISO 9001 en HACCP.

Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor of op 6 Augustus 2008 of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za

Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.










More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za